My tipe Kerk


Ek is nog altyd baie uitgesproke oor Kerk vs Godsdiens, en hoe kerke meer mense wegjaag as na die Here toe lei. In ons moderne tyd het Kerke in elk geval net besighede geword wat deur geld gedryf word, en die oomblik wat als oor geld gaan, het jy "demanding" kliente. Jy het hulle geld gevat, jou siel verkoop, en nou gee jy hulle 'n weergawe van die evangelie wat hulle gelukkig sal hou. 

Hoeveel mense het nog daai persoonlike verbintenis met die Here? Wie weet nog hoe dit voel om in Sy teenwoordigheid te kom?

Coenie de Villiers is een van my gunsteling kunstenaars. Hier gee hy so mooi uitbeelding van sy tipe kerk in "Katedraal". Ek hoop dit inspireer jou om weer van voor af jou oortuigings te herevalueer.


In my kerk is daar geen dak nie,
geen reliƫf of skildery
Geen kandelaar wat hoog moet hang nie
Almal kan hier toegang kry!

Want my koepel is die Hemel
Hoog genoeg vir al die sterre,
breed genoeg vir die planete

In my kerk is daar geen mure
wat 'n horison beperk nie
Daars geen deure en geen slot nie
Geen register om te merk nie

Want die berge is die suile
waar die arende kan skuil hou
ja die vlaktes is my vloere

In my kerk is daar geen vensters
wat met brandglas kleure blink
Geen nagmaal brood wat jy moet breek
of wyn wat iemand nog moet skink nie

Want in my kerk sien jy die kleure
in die skemer as die son sak
en die laaste wolke saampak

In my kerk is daar geen koor
of orrel wat die rus verstoor nie
Hier vra niemand vir jou geld nie
as jy bieg sal niemand hoor nie

Want die storms is perkussie
en die wind wat nooit wil rus nie
maak musiek in al die bome

Hier sal jy stilte,
hier sal jy vrede,
hier sal jy rus by My kan kry.

No comments:

Post a Comment